Posts Tagged ‘Die Burger’
September 15th, 2009 by Karina
Op Camus se spoor
deur André P. Brink
Vanaf die leeftyd waarop ’n mens gewoonlik jou eerste eksistensiële krisis beleef, was dit op die spore van die skrywer en filosoof Albert Camus dat ek my begewe het. Meer as enigiets of enigiemand anders was dit hý wat my as student Parys toe gedwing het. En toe hy, die meester van die absurde, pas ná my aankoms in die stad, op een van die mees absurde maniere denkbaar in ’n motorongeluk sterf (met in sy aktetassie die onvoltooide manuskrip van Die Eerste Mens – Le Premier Homme – waarmee hy ná jare van skrywersblok sy terugkoms na die wêreld van die literatuur wou vier), het dit sy beeld in my binneste bevestig.
My hele destydse verblyf in Parys het in die teken van Camus gestaan. Maar op ’n manier was Parys ook net ’n voorlopige tuiskoms, want Camus is nie dáár gebore nie, maar in Algerië, in die gehuggie Mondovi buite die hoofstad. En soos dit gepas was dat die groot taalfilosoof van die laat twintigste eeu, Jacques Derrida, insgelyks nie in die metropool gebore is nie, maar daarbuite, juis ook in Algerië (iets wat hom as ’t ware bestem het om nie die “volle wete” te hê nie maar, in N.P. Van Wyk Louw se onvergeetlike kensketsing van die ongedurige meisie, byna-nie-weet nie maar tog “windskeef góéd weet”), so was Camus se buitestanderskap min of meer verseël deur sy geboorte in Algerië.
(more…)
Cats: South Africa Tags: Albert Camus,
Algeria,
Algiers,
Andre Brink,
By,
Die Burger,
Die Eerste Mens,
Jacques Derrida,
Le Premier Homme,
N.P. Van Wyk Louw,
Paris,
South Africa
April 13th, 2009 by Karina
Vertoiingde onderrok wat na regs uithang, maak tweedehandse indruk
R.W. Johnson: South Africa’s Brave New World – The Beloved Country Since the End of Apartheid
Resensie deur André P. Brink
R.W. Johnson se reputasie as skrywer oor geskiedenis en politiek is veral in regse kringe gevestig deur werke soos How Long Will South Africa Survive? en South Africa – The First Man, the Last Nation. Dis pas aangevul deur die lywige South Africa’s Brave New World – The Beloved Country After Apartheid.
Vir Johnson gaan dit eerder om inligting wat byna uitsluitlik versamel is uit koerante en selfs populêre tydskrifte soos You as om intelligente en openbarende interpretasie, met die gevolg dat die werk maklik verslik in opeenstapeling, en in oppervlakkige skinderstories eerder as indringende navorsing.
Talle verwysings in die notas volstaan dan ook met ’n maklike wegkruipertjiespelery soos “Private source”, of vaaghede en veralgemenings soos: “It was generally assumed . . . There was suspicion . . . It was thought entirely possible . . . Causing some to believe . . . A Zimbabwean refugee told me . . . ” juis waar iets aanvegbaars gesê word.
Gesien die groot verskeidenheid briljante publikasies wat die afgelope paar jaar op dié terrein gepubliseer is – van John Pilger, Alistair Sparks, Max du Preez en Mamphela Ramphele tot Mark Gevisser se manjifieke biografie oor Thabo Mbeki wat pas sowel verkort as aangevul is om dit tot by Zuma op datum te bring – verwag mens vandag darem meer as die hardlywige sukkelpas van Brave New World.
Continue reading: Vertoiingde onderrok wat na regs uithang, maak tweedehandse indruk
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van heerlike stuitigheid tot donker ondertone
Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh (reds.): Nuwe Kinderverseboek
Resensie deur André P. Brink
Toe Dirk Opperman in 1959 met sy Groot Verseboek (GV) begin het, het hy ook aan jong lesers gedink met Senior Verseboek en Junior Verseboek, en later Kleuterverseboek (1957) en Klein Verseboek (1959).
(more…)
Cats: Afrikaans,
Children,
Non-fiction,
Reviews,
South Africa Tags: Afrikaans,
Andre Brink,
Antjie Krog,
Children,
Die Burger,
Dirk Opperman,
Engela van Rooyen,
François Bloemhof,
Hennie Aucamp,
Johann de Jager,
Non-fiction,
Nuwe kinderverseboek,
Philip de Vos,
resensie,
Reviews,
Riana Scheepers,
RW Johnson,
South Africa,
South Africa's Brave New World,
South Africa's Brave New World – The Beloved Country S,
Suzette Kotze-Myburgh,
The Beloved Country Since the End of Apartheid,
Engemi Ferreira,
Lukas Malan
March 24th, 2009 by Karina
Binnewerkinge van SA sensuurmasjien bekyk
deur André P Brink
Tydens al die jare waarin ons in Suid-Afrika gestriem is deur sensuur, is daar voortdurend oor dié kulturele plaag geskryf – meestal in artikels en briewe in die pers, soms ook gebundel, soos in JM Coetzee se Giving Offense. Maar so ’n uitvoerige ontleding soos Peter M. McDonald se The Literature Police het tot dusver ontbreek. In sy indringende ondersoek van sowel die geskiedenis van sensuur in die praktyk as die filosofiese en ideologiese grondslae daarvan, vul McDonald op briljante en dikwels verbluffende wyse daardie ontstellende leemte onder die opgaaf Apartheid Censorship and its Cultural Consequences.
Verbluffend, omdat ons gereeld, danksy volgehoue protes en analise deur swart én wit, Afrikaans- én Engelssprekende skrywers, ingelig is oor die verrottende en vernietigende uitwerking van sensuur op ons kultuurlewe. Maar die binnewerkinge van die sensuurmasjinerie is nog altyd vir ons geheim gehou. Danksy McDonald se openbaring van die versweë argiewe van dié masjinerie is dit nou uiteindelik blootgelê – en dit laat die lesende publiek met ’n gevoel wat aan Luke Watson nie onbekend sal wees nie.
Continue reading: Binnewerkinge van SA sensuurmasjien bekyk
(Published in Die Burger, 23 February 2009)
See also: Michael Titlestad’s review of the same book.
Cats: Afrikaans,
Non-fiction,
Reviews,
South Africa Tags: ,
Afrikaans,
Andre Brink,
apartheid,
censorship,
Die Burger,
Giving Offence,
JM Coetzee,
Michael Titlestad,
Non-fiction,
Peter D. McDonald,
Reviews,
South Africa,
The Literature Police
February 18th, 2009 by Karina
“Brink se ‘memoir’ geen gewone outobiografie”
deur Fanie Olivier
Nadat hy onlangs vir ons die Afrikaanse poësie in ’n blik saamgebring het, vat André P. Brink homself saam in ’n ander soort blik: ’n blik op homself onder die titel ’n Vurk in die Pad.
Die keuse van die ongewone vorm “’n memoir” (wat eerder Engels is) om dit te tipeer (in plaas van die gebruiklike “memoires”) wil reeds die leser waarsku: die gebruiklike omvattende outobiografiese herinneringe gaan tweede viool speel. Hier is daar dalk eerder ’n historiese verslag of ’n biografie geskryf vanuit persoonlike kennis.
So ’n poging tot relativering van die “ware” storie tot die vlak van net nog ’n relaas is natuurlik tipies van ’n postmodernistiese beskouing van ’n skrywer oor en rondom homself. Elke vurk in die pad, waarsku Brink die leser ook uitdruklik in sy “Inleiding”, beteken dat daar keuses is. Maar: “Niks word ooit regtig uitgeskakel nie . . . wat nié gekies word nie bly skemer agter dié wat wel gekies is.”
Continue reading: “Brink se ‘memoir’ geen gewone outobiografie”
(Die Burger, 16 February 2009)
Cats: Biography,
Non-fiction,
Reviews,
South Africa Tags: 'n Vurk in die pad,
A Fork in the Road,
Andre Brink,
Biography,
boeke,
Die Burger,
Fanie Olivier,
Groot Verseboek,
Non-fiction,
Reviews,
South Africa
February 14th, 2009 by Karina
“Om kaal te loop”
In Brittanje word André P. Brink se ’n Vurk in die Pad: ’n Memoir reeds deur groot name besing, en in Suid-Afrika het dit pas die rakke getref – in Afrikaans en Engels. WILLEMIEN BRÜMMER het met dié skrywer gepraat oor weerloosheid, sy familie en Ingrid Jonker.
Want al het hy nog altyd vasberade geweier om toe te gee aan uitgewers, vriende en vreemdelinge se versoeke om ’n outobiografie te skryf, het die oomblik van waarheid tóg nou, op 73, vir hom aangebreek. Ná 23 romans, “omtrent sewe dramas, sowat 70 vertalings en nege niefiksie-boeke” het hy uiteindelik sy memoires ’n Vurk in die Pad geskryf. En soos hy (as fiksieskrywer) beken: “Gooi ’n riviervis in die see, en hy súkkel.”
Die keerpunt het gekom op daardie veelbesonge treinrit in Desember 2004 tussen Wene en Salzburg toe ’n “halsoorkop gesprek” begin het “wat nou, vier jaar later, nog nie bedaar of asem geskep het nie”. Dié rit was sy eerste ontmoeting met die pragtige Poolse Karina (32), sedert 2006 die vyfde Miesies Brink, wat hom vergesel het na ’n konferensie wat sy help reël het.
Soos altyd wanneer hy oor haar praat, kry hy ’n geluksalige gesigsuitdrukking. “Ons het twee lewens gehad wat uit sulke verskillende dele van die wêreld kom en ’n mens eenvoudig aan die praat gesit het – net om in te haal met jou verlede, dat die ander een iets meer van jou verstaan. Dit was ’n werklike ontdekkingstog sáám met die ander deur mens se herinneringe, en uiteindelik het dit my laat besluit waarom nie maar begin skryf en kyk waar ek uitkom nie?”
(more…)
Cats: Afrikaans,
News,
Non-fiction,
South Africa Tags: ,
'n Vurk in die pad,
A Fork in the Road,
Afrikaans,
Andre Brink,
article,
By,
Die Burger,
Ingrid Jonker,
Karina,
Kennis van die Aand,
memoir,
News,
Non-fiction,
Om kaal te loop,
Paris,
Parys,
South Africa,
Willemien Brümmer
December 14th, 2008 by Karina
The following review of the Groot Verseboek by Riana Scheepers appeared last Monday in Die Burger.
Fyn net van woord wýd gespan in ‘Verseboek’
Daar is ’n paar soorte mense wat elke nuwe en belangwekkende bloemlesing, soos die Groot Verseboek inderdaad is, met gespitste aandag lees.
Die eerste – en angstigste – lesers, is diegene wat direk betrokke is by die bundel, digters groot en klein (iemand soos ek). Hierdie digters, dié wat nog leef, lees hul eerste desperate lees sommer net daar in die boekwinkel, om te kyk hóéveel gedigte, en wátter gedigte uit hul weergalose oeuvre in die Groot Kanon opgeneem is.
Hierdie lesers se ingenomendheid of teleurstelling met die bloemleser se keuse bepaal gewoonlik hul uitspraak oor die bloemlesing se gehalte. Beslaan die skrywer se gedigte veelvuldige bladsye, nee kyk, dan is dit ’n wonderlike bundel en die samesteller ’n mens met ’n indrukwekkende letterkundige kwosiënt. As die opname maar skraal is, ’n enkele, benerige gediggie of selfs net ’n koeplet uit ’n nuwe digbundel . . . nou, ja, dan is die samesteller ’n charlatan wat geen aanvoeling het vir die fyn net van die woord nie.
Hierdie resensie is nie vir digters nie, hulle weet reeds alles.
Die tweede falanks lesers van bloemlesings is letterkundiges en akademici (iemand soos ek). Hulle is die wyse manne en vroue met letterkundige grade en die jarelange sweet van seminare, studeerkamers en studente-lering. Dit is hulle wat diep en innig lees en uitsprake maak oor die fyn en gevaarlike praktyk van samestelling.
To read on click here: “Fyn net van woord wýd gespan in ‘Verseboek’”
Cats: Afrikaans,
Poetry,
Reviews,
South Africa Tags: Afrikaans,
Andre Brink,
Die Burger,
Groot Verseboek,
Poetry,
Reviews,
Riana Scheepers,
South Africa
November 29th, 2008 by Karina
Last night, author Abraham Nicholas ‘Ronnie’ Phillips was awarded the Patrick Petersen Gedenkprys at the Breytenbach Centre in Wellington.

(more…)
Cats: Afrikaans,
Events,
Fiction,
South Africa Tags: Abraham de Vries,
Abraham Nicholas 'Ronnie' Phillips,
Abraham Nicholas Phillips,
Abraham Phillips,
Adam Small,
Afrikaans,
Afrikaanse Skrywesvereniging,
AHM Scholtz,
Andre Brink,
ASV,
Breytenbach Centre,
Breytenbach Sentrum,
Die Avonture van Rocky Roy,
Die Burger,
Die Evangelis van Kaggelsberg,
Die Messiasbende,
Die Roos van Doringdal,
Die Verdwaalde Land,
Die Yesterman van die Witblokke,
Elsa Joubert,
Erfenis van die Noodlot,
Events,
Fiction,
Hettie Scholtz,
Ivan Sylvester,
Lapa,
Marzanne Leroux van der Boon,
Patrick Petersen,
Patrick Petersen Gedenkprys,
Peter Braaf,
Queillerie,
Riana Scheepers,
Ronnie Phillips,
Skrywersvereniging vereer Phillips,
South Africa,
Wellington,
Willem de Vries,
Willem Fransman Jr
November 25th, 2008 by Karina
The latest edition of the Groot Verseboek was launched last Friday at the Iziko South African National Gallery in Cape Town.



The following interview about the anthology appeared in today’s edition of Die Burger: “Louise Viljoen gesels met André P. Brink”
(more…)
Cats: Afrikaans,
Poetry,
South Africa Tags: Afrikaans,
Andre Brink,
Cape Town,
Die Burger,
Groot Verseboek,
interview,
Iziko,
launch,
Louise Viljoen,
National Gallery,
Poetry,
South Africa
July 30th, 2008 by Karina
André’s review of Carole Seymour-Jones’s double biography of Simone de Beauvoir and Jean-Paul Sartre, entitled A Dangerous Liaison, was published in Die Burger on Monday, 28 July:
Ikone kom voor ’n val: Sartre en Beauvoir se lewe fassineer soos oop wond
“Die afgelope dekades het begin herdefinieer aan sekere woorde: vandag word enige ou meisietjie wat met ’n skreestemmetjie voor ’n mikrofoon haar skraps onderkleertjies vertoon maklik beskryf as ’n “ikoon”. Maar enigiemand vir wie woorde nog saak maak, sou saamstem dat in die wêreld van literatuur en filosofie Jean-Paul Sartre en Simone de Beauvoir met reg as 20ste-eeuse ikone beskryf word.
(more…)
Cats: Afrikaans,
Biography,
Reviews,
South Africa Tags: A Dangerous Liaison,
Afrikaans,
Andre Brink,
Biography,
Carole Seymour-Jones,
Die Burger,
Jean-Paul Sartre,
review,
Reviews,
Simone de Beauvoir,
South Africa
July 13th, 2008 by Karina
The following article by André was published in Die Burger’s By yesterday (pp 8-9):
DIS net voor drie-uur die môre dat sy vrou hom wakker maak. Daar’s iemand in die huis, sê sy suutjies.
Ag nee wat, sê hy deur die slaap. Dit moet ’n muis wees.
Dis g’n muis nie, hou sy vol. Dis baie groter.
Dan is dit ’n rot, brom hy.
En toe skiet die rot hom in die gesig. Hy sterf in die teenwoordigheid van sy vrou en hul tienjarige dogtertjie. Daarna word hulle gedwing om die indringers van kamer tot kamer te vergesel op soek na buit; die lyk bly net daar lê.
Hy is – was – die oudste seun van my sus Elbie, by die publiek beter bekend as die skryfster Elsabe Steenberg. Hy was een van die saggeaardste mense wat ek ooit geken het. Sou nie ’n vlieg kwaad aandoen nie. Ook nie ’n rot nie. Hulle het op ’n hoewe net noord van Pretoria gewoon – of Tshwane dan, soos dit heet sedert die ANC besluit het dat net hul geskiedenis, werklik of versin, in dié land ter sake is. Seker te verwagte ná al die jare dat net Afrikaners se weergawe van die verlede in ag geneem is.
Click here to read on: “Die Rotte”.
Cats: Afrikaans,
Non-fiction,
South Africa Tags: Adriaan Steenberg,
Afrikaans,
Andre Brink,
By,
Die Burger,
Die Rotte,
Elsabe Steenberg,
murder,
Non-fiction,
South Africa,
The Rat