Go to BOOK SA home
18 Mar 2010

André Brink

@ BOOK Southern Africa

Posts Tagged ‘Die Burger’

Op Camus se spoor

September 15th, 2009 by Karina

Op Camus se spoor

deur André P. Brink

Vanaf die leeftyd waarop ’n mens gewoonlik jou eerste eksistensiële krisis beleef, was dit op die spore van die skrywer en filosoof Albert Camus dat ek my begewe het. Meer as enigiets of enigiemand anders was dit hý wat my as student Parys toe gedwing het. En toe hy, die meester van die absurde, pas ná my aankoms in die stad, op een van die mees absurde maniere denkbaar in ’n motorongeluk sterf (met in sy aktetassie die onvoltooide manuskrip van Die Eerste Mens – Le Premier Homme – waarmee hy ná jare van skrywersblok sy terugkoms na die wêreld van die literatuur wou vier), het dit sy beeld in my binneste bevestig.

My hele destydse verblyf in Parys het in die teken van Camus gestaan. Maar op ’n manier was Parys ook net ’n voorlopige tuiskoms, want Camus is nie dáár gebore nie, maar in Algerië, in die gehuggie Mondovi buite die hoofstad. En soos dit gepas was dat die groot taalfilosoof van die laat twintigste eeu, Jacques Derrida, insgelyks nie in die metropool gebore is nie, maar daarbuite, juis ook in Algerië (iets wat hom as ’t ware bestem het om nie die “volle wete” te hê nie maar, in N.P. Van Wyk Louw se onvergeetlike kensketsing van die ongedurige meisie, byna-nie-weet nie maar tog “windskeef góéd weet”), so was Camus se buitestanderskap min of meer verseël deur sy geboorte in Algerië.

(more…)

 

Two reviews: Nuwe Kinderverseboek and South Africa’s Brave New World – The ­Beloved Country Since the End of Apartheid

April 13th, 2009 by Karina

Vertoiingde onderrok wat na regs uithang, maak tweedehandse indruk

R.W. Johnson: South Africa’s Brave New World – The ­Beloved Country Since the End of Apartheid

Resensie deur André P. Brink

R.W. Johnson se reputasie as skrywer oor geskiedenis en politiek is ver­al in regse kringe gevestig deur werke soos How Long Will South ­Africa Survive? en South Africa – The First Man, the Last Nation. Dis pas aangevul deur die lywige South Africa’s Brave New World – The ­Beloved Country After Apartheid.

Vir Johnson gaan dit eerder om in­ligting wat byna uitsluitlik versamel is uit koerante en selfs populêre tydskrifte soos You as om intelligente en openbarende interpretasie, met die gevolg dat die werk mak­lik verslik in opeenstapeling, en in oppervlakkige skinderstories eerder as in­dringende navorsing.

Talle ver­wysings in die notas ­volstaan dan ook met ’n maklike wegkruipertjiespelery soos “Private source”, of vaaghede en veralgemenings soos: “It was generally assumed . . . There was suspicion . . . It was thought entirely possible . . . Causing some to believe . . . A Zimbabwean refugee told me . . . ” juis waar iets aanvegbaars gesê word.

Gesien die groot verskeidenheid bril­jante publikasies wat die afgelope paar jaar op dié terrein gepubliseer is – van John Pilger, Alis­tair Sparks, Max du Preez en Mam­phela Ramphele tot Mark Gevisser se manjifieke biografie oor Thabo Mbeki wat pas sowel verkort as aan­gevul is om dit tot by Zuma op datum te bring – verwag mens vandag darem meer as die hardlywige sukkelpas van Brave New World.

Continue reading: Vertoiingde onderrok wat na regs uithang, maak tweedehandse indruk

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van heerlike stuitigheid tot donker ondertone

Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh (reds.): Nuwe Kinderverseboek

Resensie deur André P. Brink

Toe Dirk Opperman in 1959 met sy Groot Verseboek (GV) begin het, het hy ook aan jong lesers gedink met Senior Verseboek en Junior Ver­se­boek, en later Kleuterverseboek (1957) en Klein Ver­se­boek (1959).

(more…)

 

Review of Peter D. McDonald’s The Literature Police

March 24th, 2009 by Karina

Binnewerkinge van SA sensuurmasjien bekyk
deur André P Brink

Tydens al die jare waarin ons in Suid-Afrika gestriem is deur sensuur, is daar voortdurend oor dié kulturele plaag geskryf – meestal in artikels en briewe in die pers, soms ook gebundel, soos in JM Coetzee se Giving Offense. Maar so ’n uitvoerige ontleding soos Peter M. McDonald se The Literature ­Police het tot dusver ontbreek. In sy indringende ondersoek van sowel die geskiedenis van ­sensuur in die praktyk as die ­filosofiese en ideologiese grondslae daarvan, vul McDonald op briljante en dikwels verbluffende wyse daardie ont­stellende leemte onder die opgaaf Apartheid Censorship and its ­Cultural Consequences.

Verbluffend, omdat ons gereeld, danksy volgehoue protes en analise deur swart én wit, Afrikaans- én En­gelssprekende skrywers, in­ge­lig is oor die verrottende en ­ver­nie­tigende uitwerking van sensuur op ons kultuurlewe. Maar die binnewerkinge van die sensuurmasjinerie is nog altyd vir ons ­geheim gehou. Danksy McDonald se openbaring van die versweë ­argiewe van dié masjinerie is dit nou uiteindelik bloot­gelê – en dit laat die lesende publiek met ’n gevoel wat aan Luke Watson nie onbekend sal wees nie.

Continue reading: Binnewerkinge van SA sensuurmasjien bekyk

(Published in Die Burger, 23 February 2009)

See also: Michael Titlestad’s review of the same book.

 

“Brink se ‘memoir’ geen gewone outobiografie” deur Fanie Olivier

February 18th, 2009 by Karina

“Brink se ‘memoir’ geen gewone outobiografie”

deur Fanie Olivier

Nadat hy onlangs vir ons die Afrikaanse poësie in ’n blik saamgebring het, vat André P. Brink homself saam in ’n ander soort blik: ’n blik op homself onder die titel ’n Vurk in die Pad.

Die keuse van die ongewone vorm “’n memoir” (wat eerder Engels is) om dit te tipeer (in plaas van die gebruiklike “memoires”) wil reeds die leser waarsku: die gebruiklike omvattende outobiografiese herinneringe gaan tweede viool speel. Hier is daar dalk eerder ’n historiese verslag of ’n biografie geskryf vanuit persoonlike kennis.

So ’n poging tot relativering van die “ware” storie tot die vlak van net nog ’n relaas is natuurlik tipies van ’n postmodernistiese beskouing van ’n skrywer oor en rondom homself. Elke vurk in die pad, waarsku Brink die leser ook uitdruklik in sy “Inleiding”, beteken dat daar keuses is. Maar: “Niks word ooit regtig uitgeskakel nie . . . wat nié gekies word nie bly skemer agter dié wat wel gekies is.”

Continue reading: “Brink se ‘memoir’ geen gewone outobiografie”

(Die Burger, 16 February 2009)

 

“Om kaal te loop” deur Willemien Brümmer

February 14th, 2009 by Karina

“Om kaal te loop”

In Brittanje word André P. Brink se ’n Vurk in die Pad: ’n Memoir reeds deur groot name besing, en in Suid-Afrika het dit pas die rakke getref – in Afrikaans en Engels. WILLEMIEN BRÜMMER het met dié skrywer gepraat oor weerloosheid, sy familie en Ingrid Jonker.

Want al het hy nog altyd vasberade geweier om toe te gee aan uitgewers, vriende en vreemdelinge se versoeke om ’n outobiografie te skryf, het die oomblik van waarheid tóg nou, op 73, vir hom aangebreek. Ná 23 romans, “omtrent sewe dramas, sowat 70 vertalings en nege niefiksie-boeke” het hy uiteindelik sy memoires ’n Vurk in die Pad geskryf. En soos hy (as fiksieskrywer) beken: “Gooi ’n riviervis in die see, en hy súkkel.”

Die keerpunt het gekom op daardie veelbesonge treinrit in Desember 2004 tussen Wene en Salzburg toe ’n “halsoorkop gesprek” begin het “wat nou, vier jaar later, nog nie bedaar of asem geskep het nie”. Dié rit was sy eerste ontmoeting met die pragtige Poolse Karina (32), sedert 2006 die vyfde Miesies Brink, wat hom vergesel het na ’n konferensie wat sy help reël het.

Soos altyd wanneer hy oor haar praat, kry hy ’n geluksalige gesigsuitdrukking. “Ons het twee lewens gehad wat uit sulke verskillende dele van die wêreld kom en ’n mens eenvoudig aan die praat gesit het – net om in te haal met jou verlede, dat die ander een iets meer van jou verstaan. Dit was ’n werklike ontdekkingstog sáám met die ander deur mens se herinneringe, en uiteindelik het dit my laat besluit waarom nie maar begin skryf en kyk waar ek uitkom nie?”

(more…)

 

Review of Groot Verseboek

December 14th, 2008 by Karina

The following review of the Groot Verseboek by Riana Scheepers appeared last Monday in Die Burger.

Fyn net van woord wýd gespan in ‘Verseboek’

Daar is ’n paar soorte mense wat ­elke nuwe en belangwekkende bloem­lesing, soos die Groot Verseboek inderdaad is, met gespitste aandag lees.

Die eerste – en angstigste – ­lesers, is diegene wat direk betrokke is by die bundel, digters groot en klein (iemand soos ek). Hierdie digters, dié wat nog leef, lees hul eerste desperate lees sommer net daar in die boekwinkel, om te kyk hóéveel gedigte, en wátter gedigte uit hul weergalose oeuvre in die Groot Kanon op­geneem is.

Hierdie lesers se ingenomendheid of teleurstelling met die bloemleser se keuse bepaal gewoonlik hul uitspraak oor die bloemlesing se gehalte. Beslaan die skrywer se gedigte veelvuldige bladsye, nee kyk, dan is dit ’n ­wonderlike bundel en die samesteller ’n mens met ’n indrukwekkende letterkundige kwosiënt. As die opname maar skraal is, ’n ­enkele, benerige gediggie of selfs net ’n koeplet uit ’n nuwe dig­bundel . . . nou, ja, dan is die samesteller ’n charlatan wat geen ­aanvoeling het vir die fyn net van die woord nie.

Hierdie resensie is nie vir digters nie, hulle weet reeds alles.

Die tweede falanks lesers van bloemlesings is letterkundiges en akademici (iemand soos ek). Hulle is die wyse manne en vroue met letterkundige grade en die jare­lange sweet van seminare, studeerkamers en studente-lering. Dit is hulle wat diep en innig lees en uitsprake maak oor die fyn en gevaarlike praktyk van samestelling.

To read on click here: “Fyn net van woord wýd gespan in ‘Verseboek’”

 

Abraham Nicholas ‘Ronnie’ Phillips awarded the Patrick Petersen Gedenkprys

November 29th, 2008 by Karina

Last night, author Abraham Nicholas ‘Ronnie’ Phillips was awarded the Patrick Petersen Gedenkprys at the Breytenbach Centre in Wellington.

petersenabrahamfransman.JPG

(more…)

 

Louise Viljoen interviews André about the Groot Verseboek for Die Burger

November 25th, 2008 by Karina

The latest edition of the Groot Verseboek was launched last Friday at the Iziko South African National Gallery in Cape Town.

The following interview about the anthology appeared in today’s edition of Die Burger: “Louise Viljoen gesels met André P. Brink”

(more…)

 

Review of Carole Seymour-Jones’s A Dangerous Liaison

July 30th, 2008 by Karina

André’s review of Carole Seymour-Jones’s double biography of Simone de Beauvoir and Jean-Paul Sartre, entitled A Dangerous Liaison, was published in Die Burger on Monday, 28 July:

Ikone kom voor ’n val: Sartre en Beauvoir se lewe fassineer soos oop wond

“Die afgelope dekades het ­begin her­definieer aan ­sekere woorde: vandag word enige ou meisietjie wat met ’n skreestemmetjie voor ’n mikrofoon haar skraps onderkleertjies vertoon maklik beskryf as ’n “ikoon”. Maar enig­iemand vir wie woorde nog saak maak, sou saamstem dat in die wêreld van literatuur en filosofie Jean-Paul Sartre en Simone de Beauvoir met reg as 20ste-eeuse ikone beskryf word.

(more…)

 

The Rat

July 13th, 2008 by Karina

The following article by André was published in Die Burger’s By yesterday (pp 8-9):

DIS net voor drie-uur die môre dat sy vrou hom wakker maak. Daar’s iemand in die huis, sê sy suutjies.

Ag nee wat, sê hy deur die slaap. Dit moet ’n muis wees.

Dis g’n muis nie, hou sy vol. Dis baie groter.

Dan is dit ’n rot, brom hy.

En toe skiet die rot hom in die gesig. Hy sterf in die teenwoordigheid van sy vrou en hul tienjarige dogtertjie. Daarna word hulle gedwing om die indringers van kamer tot kamer te vergesel op soek na buit; die lyk bly net daar lê.

Hy is – was – die oudste seun van my sus Elbie, by die publiek beter bekend as die skryfster Elsabe Steenberg. Hy was een van die saggeaardste mense wat ek ooit geken het. Sou nie ’n vlieg kwaad aandoen nie. Ook nie ’n rot nie. Hulle het op ’n hoewe net noord van Pretoria gewoon – of Tshwane dan, soos dit heet sedert die ANC besluit het dat net hul geskiedenis, werklik of versin, in dié land ter sake is. Seker te verwagte ná al die jare dat net Afrikaners se weergawe van die verlede in ag geneem is.

Click here to read on: “Die Rotte”.