Go to BOOK SA home
20 Mar 2010

André Brink

@ BOOK Southern Africa

Posts Tagged ‘Afrikaans’

Martin Versfeld’s Pots and Poetry and Other Essays

August 21st, 2009 by Karina

martinversfeldPoiesis means ‘making’, and we make pies as well as poems…”

Martin Versfeld was professor of philosophy at the University of Cape Town and one of Africa’s eminent writers and thinkers. He wrote widely, with wisdom and lucidity, on philosophy, theology and ecology.

In Pots and Poetry and Other Essays we find a distillation of his thoughts on man’s place in the world and the world’s place in man, synthesising Eastern and Western world views. In essays ranging from investigations into the quality of life and the similarities between Plato and Confucius to a defence of the bawdy, Versfeld found nothing too insignificant for his interest – in this original mind rocks and pots held an interest equal to that of the great questions of life.

“His work functions, like Beatrice and Virgil, as a companion on our way through Inferno, Purgatorio and Paradiso, to help us understand, in many respects for the first time, at least something of the mysteries we encounter along our way.”
- André Brink

Recently published by Protea Book House, this collection was introduced by André’s essay “In praise of all that is fleeting and eternal: Footnotes to the essays of Martin Versfeld.”

ISBN: 9781869193195

 

Two reviews: Nuwe Kinderverseboek and South Africa’s Brave New World – The ­Beloved Country Since the End of Apartheid

April 13th, 2009 by Karina

Vertoiingde onderrok wat na regs uithang, maak tweedehandse indruk

R.W. Johnson: South Africa’s Brave New World – The ­Beloved Country Since the End of Apartheid

Resensie deur André P. Brink

R.W. Johnson se reputasie as skrywer oor geskiedenis en politiek is ver­al in regse kringe gevestig deur werke soos How Long Will South ­Africa Survive? en South Africa – The First Man, the Last Nation. Dis pas aangevul deur die lywige South Africa’s Brave New World – The ­Beloved Country After Apartheid.

Vir Johnson gaan dit eerder om in­ligting wat byna uitsluitlik versamel is uit koerante en selfs populêre tydskrifte soos You as om intelligente en openbarende interpretasie, met die gevolg dat die werk mak­lik verslik in opeenstapeling, en in oppervlakkige skinderstories eerder as in­dringende navorsing.

Talle ver­wysings in die notas ­volstaan dan ook met ’n maklike wegkruipertjiespelery soos “Private source”, of vaaghede en veralgemenings soos: “It was generally assumed . . . There was suspicion . . . It was thought entirely possible . . . Causing some to believe . . . A Zimbabwean refugee told me . . . ” juis waar iets aanvegbaars gesê word.

Gesien die groot verskeidenheid bril­jante publikasies wat die afgelope paar jaar op dié terrein gepubliseer is – van John Pilger, Alis­tair Sparks, Max du Preez en Mam­phela Ramphele tot Mark Gevisser se manjifieke biografie oor Thabo Mbeki wat pas sowel verkort as aan­gevul is om dit tot by Zuma op datum te bring – verwag mens vandag darem meer as die hardlywige sukkelpas van Brave New World.

Continue reading: Vertoiingde onderrok wat na regs uithang, maak tweedehandse indruk

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van heerlike stuitigheid tot donker ondertone

Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh (reds.): Nuwe Kinderverseboek

Resensie deur André P. Brink

Toe Dirk Opperman in 1959 met sy Groot Verseboek (GV) begin het, het hy ook aan jong lesers gedink met Senior Verseboek en Junior Ver­se­boek, en later Kleuterverseboek (1957) en Klein Ver­se­boek (1959).

(more…)

 

Review of Peter D. McDonald’s The Literature Police

March 24th, 2009 by Karina

Binnewerkinge van SA sensuurmasjien bekyk
deur André P Brink

Tydens al die jare waarin ons in Suid-Afrika gestriem is deur sensuur, is daar voortdurend oor dié kulturele plaag geskryf – meestal in artikels en briewe in die pers, soms ook gebundel, soos in JM Coetzee se Giving Offense. Maar so ’n uitvoerige ontleding soos Peter M. McDonald se The Literature ­Police het tot dusver ontbreek. In sy indringende ondersoek van sowel die geskiedenis van ­sensuur in die praktyk as die ­filosofiese en ideologiese grondslae daarvan, vul McDonald op briljante en dikwels verbluffende wyse daardie ont­stellende leemte onder die opgaaf Apartheid Censorship and its ­Cultural Consequences.

Verbluffend, omdat ons gereeld, danksy volgehoue protes en analise deur swart én wit, Afrikaans- én En­gelssprekende skrywers, in­ge­lig is oor die verrottende en ­ver­nie­tigende uitwerking van sensuur op ons kultuurlewe. Maar die binnewerkinge van die sensuurmasjinerie is nog altyd vir ons ­geheim gehou. Danksy McDonald se openbaring van die versweë ­argiewe van dié masjinerie is dit nou uiteindelik bloot­gelê – en dit laat die lesende publiek met ’n gevoel wat aan Luke Watson nie onbekend sal wees nie.

Continue reading: Binnewerkinge van SA sensuurmasjien bekyk

(Published in Die Burger, 23 February 2009)

See also: Michael Titlestad’s review of the same book.

 

“Om kaal te loop” deur Willemien Brümmer

February 14th, 2009 by Karina

“Om kaal te loop”

In Brittanje word André P. Brink se ’n Vurk in die Pad: ’n Memoir reeds deur groot name besing, en in Suid-Afrika het dit pas die rakke getref – in Afrikaans en Engels. WILLEMIEN BRÜMMER het met dié skrywer gepraat oor weerloosheid, sy familie en Ingrid Jonker.

Want al het hy nog altyd vasberade geweier om toe te gee aan uitgewers, vriende en vreemdelinge se versoeke om ’n outobiografie te skryf, het die oomblik van waarheid tóg nou, op 73, vir hom aangebreek. Ná 23 romans, “omtrent sewe dramas, sowat 70 vertalings en nege niefiksie-boeke” het hy uiteindelik sy memoires ’n Vurk in die Pad geskryf. En soos hy (as fiksieskrywer) beken: “Gooi ’n riviervis in die see, en hy súkkel.”

Die keerpunt het gekom op daardie veelbesonge treinrit in Desember 2004 tussen Wene en Salzburg toe ’n “halsoorkop gesprek” begin het “wat nou, vier jaar later, nog nie bedaar of asem geskep het nie”. Dié rit was sy eerste ontmoeting met die pragtige Poolse Karina (32), sedert 2006 die vyfde Miesies Brink, wat hom vergesel het na ’n konferensie wat sy help reël het.

Soos altyd wanneer hy oor haar praat, kry hy ’n geluksalige gesigsuitdrukking. “Ons het twee lewens gehad wat uit sulke verskillende dele van die wêreld kom en ’n mens eenvoudig aan die praat gesit het – net om in te haal met jou verlede, dat die ander een iets meer van jou verstaan. Dit was ’n werklike ontdekkingstog sáám met die ander deur mens se herinneringe, en uiteindelik het dit my laat besluit waarom nie maar begin skryf en kyk waar ek uitkom nie?”

(more…)

 

Review of Groot Verseboek

December 14th, 2008 by Karina

The following review of the Groot Verseboek by Riana Scheepers appeared last Monday in Die Burger.

Fyn net van woord wýd gespan in ‘Verseboek’

Daar is ’n paar soorte mense wat ­elke nuwe en belangwekkende bloem­lesing, soos die Groot Verseboek inderdaad is, met gespitste aandag lees.

Die eerste – en angstigste – ­lesers, is diegene wat direk betrokke is by die bundel, digters groot en klein (iemand soos ek). Hierdie digters, dié wat nog leef, lees hul eerste desperate lees sommer net daar in die boekwinkel, om te kyk hóéveel gedigte, en wátter gedigte uit hul weergalose oeuvre in die Groot Kanon op­geneem is.

Hierdie lesers se ingenomendheid of teleurstelling met die bloemleser se keuse bepaal gewoonlik hul uitspraak oor die bloemlesing se gehalte. Beslaan die skrywer se gedigte veelvuldige bladsye, nee kyk, dan is dit ’n ­wonderlike bundel en die samesteller ’n mens met ’n indrukwekkende letterkundige kwosiënt. As die opname maar skraal is, ’n ­enkele, benerige gediggie of selfs net ’n koeplet uit ’n nuwe dig­bundel . . . nou, ja, dan is die samesteller ’n charlatan wat geen ­aanvoeling het vir die fyn net van die woord nie.

Hierdie resensie is nie vir digters nie, hulle weet reeds alles.

Die tweede falanks lesers van bloemlesings is letterkundiges en akademici (iemand soos ek). Hulle is die wyse manne en vroue met letterkundige grade en die jare­lange sweet van seminare, studeerkamers en studente-lering. Dit is hulle wat diep en innig lees en uitsprake maak oor die fyn en gevaarlike praktyk van samestelling.

To read on click here: “Fyn net van woord wýd gespan in ‘Verseboek’”

 

Abraham Nicholas ‘Ronnie’ Phillips awarded the Patrick Petersen Gedenkprys

November 29th, 2008 by Karina

Last night, author Abraham Nicholas ‘Ronnie’ Phillips was awarded the Patrick Petersen Gedenkprys at the Breytenbach Centre in Wellington.

petersenabrahamfransman.JPG

(more…)

 

André speaking at the Patrick Petersen Gedenk-aand

November 25th, 2008 by Karina

Afrikaanse Skrywersvereniging

UITNODIGING
Die Voorsitter, Willem Fransman Jr en sy Uitvoerende Bestuur nooi u en ‘n metgesel, van harte uit na ons jaarlikse Patrick Petersen Gedenk-aand.
Die skrywer, Abraham Phillips, is vanjaar die ontvanger van ons prestigé toekenning, die

Patrick Petersen Gedenkprys

Datum: 28 November 2008
Plek: Breytenbach-huis,
Malherbestraat, Wellington
Tyd: 19:30 vir 20:00

(more…)

 

Louise Viljoen interviews André about the Groot Verseboek for Die Burger

November 25th, 2008 by Karina

The latest edition of the Groot Verseboek was launched last Friday at the Iziko South African National Gallery in Cape Town.

The following interview about the anthology appeared in today’s edition of Die Burger: “Louise Viljoen gesels met André P. Brink”

(more…)

 

Review of Carole Seymour-Jones’s A Dangerous Liaison

July 30th, 2008 by Karina

André’s review of Carole Seymour-Jones’s double biography of Simone de Beauvoir and Jean-Paul Sartre, entitled A Dangerous Liaison, was published in Die Burger on Monday, 28 July:

Ikone kom voor ’n val: Sartre en Beauvoir se lewe fassineer soos oop wond

“Die afgelope dekades het ­begin her­definieer aan ­sekere woorde: vandag word enige ou meisietjie wat met ’n skreestemmetjie voor ’n mikrofoon haar skraps onderkleertjies vertoon maklik beskryf as ’n “ikoon”. Maar enig­iemand vir wie woorde nog saak maak, sou saamstem dat in die wêreld van literatuur en filosofie Jean-Paul Sartre en Simone de Beauvoir met reg as 20ste-eeuse ikone beskryf word.

(more…)

 

The importance of being here

July 21st, 2008 by Karina

The following article was published originally in Afrikaans and German.

Yesterday, it appeared in The Sunday Independent’s DISPATCHES with this magnificent illustration by one of South Africa’s most remarkable illustrators, François Smit.

scan0001.jpg

He is awakened by his wife just before three in the morning. There’s somebody in the house, she tells him.

Nonsense, he replies, befuddled with sleep. I’m sure it’s only a mouse.

That isn’t a mouse, she insists. It’s much bigger.

Then it’s a rat, he mumbles.

And then the rat shoots him in the face. He dies in the presence of his wife and small daughter, and they are forced at gunpoint to accompany the intruders as they ransack the house, leaving the dead body on the floor.

(more…)